Hoe om die regte trouvenue in die Wes-Kaap (of enige plek) te kies


Die Wes-Kaap is een van die gewildste trou-bestemmings in Suid-Afrika – en met goeie rede. Dis ’n streek wat alles bied: van bergtonele en wingerde tot die oseaan, woude en selfs woestynagtige landskappe. Maar juis omdat daar soveel ongelooflike opsies is, voel dit soms moeilik om te weet waar om te begin.

Hierdie gids help jou om die keuseproses stap vir stap aan te pak, sodat jy nie net die mooiste plek kry nie, maar die regte plek vir julle styl, begroting en tipe troudag. As fotograaf sien ek week na week hoe groot verskil die venue maak – in hoe mense voel en natuurlik in hoe die foto’s uitkom. Hierdie gids is ook van toepassing op venues wat nie in die Weskaap is nie!

Couples dancing together at a dimly lit social gathering with string lights overhead.
Elegant table setting with candles, greenery and twinkling string lights creating a romantic holiday atmosphere.
A string of warm twinkle lights creates a magical canopy over an evening dance floor.

1.Begin by wat julle wíl hê


Voordat jy enigiets op Google intik, vra jouself eers: “Watter soort troudag wil ons hê?” As julle dit duidelik kan beskryf, raak alles daarna makliker.


Die area of omgewing:


Die Wes-Kaap het verskillende trou-“persoonlikhede”. Hier is ’n paar om te oorweeg:


  • By die see: As jy droom van sout in jou hare en sonsondergange oor die water, kyk na areas soos Hermanus, Paternoster en Yzerfontein wat ongelooflik gewild is vir see-troues.
  • In die berge: Dink aan Tulbagh, Greyton of Ceres waar berge jou heeltemal omvou. Hierdie venues het ’n gevoel van rus en ruimte – perfek vir kleiner, intieme troues.
  • In die wingerde: Stellenbosch, Paarl, Robertson en Franschhoek is bekend vir hul wynplase met asemrowende uitsigte. Dis ideaal as jy van elegante, tydlose troues hou.
  • Plaas- of plattelandse styl: As jy van eenvoud en natuur hou, kyk na venues in die Overberg, Villiersdorp of selfs verder uit in die Klein Karoo. Plaasvenuestyl troues voel eg en ontspanne, met baie warm lig en natuurlike kleure wat op foto’s fantasties werk.


As julle meer inligting soek oor venues in die Overberg kan julle na die volgende skakel gaan:


https://www.etiennebotha.com/blog/the-best-wedding-venues-in-the-overberg-copy/


Fotograaf se wenk: Die ligging bepaal watter lig jy deur die dag kry. Langs die see is lig sagter en goudkleurig in die laatmiddag; tussen berge kan die son gouer agter die kranse sak, so jou seremonietyd moet dalk vroeër wees. ’n Venue met oop sonlig én skadu opsies gee jou altyd die mooiste fotospektrum.

A couple walks along a mountain trail during golden hour with scenic mountain ranges in the background.
A series of photos showing someone climbing and balancing on rocks near a scenic mountain stream at sunset.
Couple stands on rocky outcrop overlooking scenic desert landscape during golden hour at sunset.

Die styl of atmosfeer


Dink aan watter gevoel julle troudag moet hê – klassiek en elegant, boheems en natuurlik, of modern en minimalisties.


  • Modern: Glaskonstruksies en skoon argitektuur, soos by Die Woud of Cavalli in Stellenbosch, werk goed as jy hou van stylvolle eenvoud.
  • Boheems of natuurlik: ’n Plaas met houtbalke, sagte lig en veldblomme is perfek. Venues soos De Uijlenes of Dennehof werk goed vir hierdie styl.
  • Tydloos en romanties: Dink aan wit geboue, sagte linne en wingerde. Plekke soos Nooitgedacht, Belair of Vrede en Lust is gewild vir hierdie styl.


Fotograaf se wenk: Die kleure en materiale van jou venue beïnvloed die foto’s se gevoel. Wit mure weerkaats lig, hout gee warmte, en klip laat skaduwees sag lyk. As jy hou van natuurlike foto’s sonder te veel kunsmatige lig, kies ’n venue met ligkleurige, oop ruimtes.

Elegant wedding table setting with white linens, wine glasses, and fresh greenery centerpiece under wooden beamed ceiling.
Long wooden banquet tables arranged in rows under a glass greenhouse ceiling with hanging string lights and greenery.
A series of modern interior spaces with glass walls and lush greenery growing along the ceiling and walls creates a natural ambiance.

Hoeveel gaste julle gaan hê


Selfs die mooiste venue werk nie as dit nie by jou gastegetal pas nie. ’n Klein groepie van 40 in ’n saal vir 200 voel leeg, en 150 mense in ’n klein skuur is ongemaklik.


  • Vir kleiner troues: Kyk na intieme venues soos Dennehof in Villiersdorp, Hawksmoor House in Stellenbosch of The Conservatory by Franschhoek.
  • Vir groter troues: Venues soos Die Woud, Elandskloof, of Delsma Farm bied ruim ruimtes sonder om die atmosfeer te verloor.


Praktiese wenk: Kyk ook na parkering en onthou dat spasie vir ’n dansvloer en kroeg noodsaaklik is.

Large group of wedding guests gathered outdoors under wooden pergola structures during a summer celebration.
Wedding guests gather on a lush garden patio during an outdoor ceremony at sunset.
A group wearing white clothing poses together on a grassy hillside with mountains in the background.

Julle begroting


Begroting bepaal baie van jou opsies. Maar eerder as om net op die prys te fokus, kyk na wat jy kry vir daardie bedrag. Gaan kry jou Briudgids/Wedding guide wat n fantasties budget planner in het om maklik jou begroting vas te stel (https://weddingguide.co.za/)


  • Party venues sluit alles in: stoele, tafels, linne, koördinasie, personeel, selfs glase.
  • Ander gee jou die kaal spasie, wat wonderlik is as jy self dinge wil beplan, maar dit kan duurder raak as jy alles apart moet huur.


Fotograaf se wenk: Moenie vergeet om in jou begroting ook plek te maak vir foto’s en video nie. ’n Venue wat pragtig is maar donker of baie beperk, kan beteken jy moet meer beligting of tyd byvoeg om dieselfde gevoel vas te vang.

Praktiese voorbeeld: Party wynplase vra kurkfooie as jy eie wyn bring. Ander beperk musiekvolume ná ’n sekere tyd. Lees dus altyd die fynskrif en vra uit oor ekstra kostes vir oortyd, kurkfooie en personeel ens.

Panoramic view of a dramatic stormy coastline with mountains, houses, and a wooden pier extending into the water.
A panoramic view of white farm buildings with arched windows against a cloudy sky at sunset.
People enjoying a scenic coastal view from a rocky outcrop overlooking the ocean on a sunny summer day.

Naweek of eenaand-troue


Wil jy hê dat julle troue soos ’n mini-vakansie moet voel? Dan is ’n naweektroue ideaal.


By plekke soos Elandskloof of Cherry Glamping bly gaste oor vir twee nagte, wat die ervaring meer ontspanne maak. Julle kan die Vrydagaand gebruik vir ’n gesellige braai, Saterdag vir die troue self, en Sondag ontbyt saam almal om af te sluit.


As meeste van julle gaste naby woon (Kaapstad, Paarl, Somerset-Wes), werk ’n eendaagse troue beter. Dan is logistiek eenvoudiger en jy spaar op verblyf.

Wenk: Onthou dat meerdaagse troues dikwels ekstra beplanning verg – vervoer, aktiwiteite en ontbyt. Maak seker jou venue help met voorstelle of pakkette.


Elegant white wedding cake with peach rose decoration sits on rustic wooden table in dimly lit venue.
A panoramic sequence showing the interior of a rustic chapel with wooden beams and a red carpet aisle leading to large windows.
A dramatic sunset sky with pink and orange clouds stretches over silhouetted buildings and trees in a residential area.

Jou gunsteling diensverskaffers


As jy reeds ’n fotograaf, DJ of blommerangskikker in gedagte het, maak seker hulle kan reis na die plekke wat jy oorweeg.

Sommige venues het hul eie verskafferslys (vir kos, musiek, dekor), wat handig is as jy nie self wil soek nie. Maar as jy iemand spesifieks wil hê, vra of buiteverskaffers toegelaat word.

Fotograaf se wenk: Vir foto’s is dit altyd makliker as die fotograaf die venue ken. Ek hou daarvan om vooraf te weet waar die mooiste lig en agtergronde is. So as jy my of enige fotograaf kan vra vir ’n opinie oor ’n venue – doen dit!

A panoramic view of a wedding reception venue with white draping, checkered dance floor, and ambient lighting.
A couple dances together on a wooden floor under twinkling string lights at an indoor wedding reception.
Black and white photograph of an elegant colonial-style hotel entrance with white columns and Casa Labia signage.

2. Nou begin die opwindende deel


Teen hierdie stadium behoort jy ’n goeie idee te hê van wat julle soek. Nou kan jy die keuses verfyn en prakties raak.



Lees resensies (maar gebruik jou oordeel)


Aanlyn resensies op Google of Facebook kan waardevol wees, maar elke paartjie ervaar dinge anders. Let op patrone – as verskeie mense noem dat kommunikasie goed is, of dat die personeel behulpsaam is, is dit ’n goeie teken.


Hier is ook n paar resensies wat ek geskryf het oor venues waar ek al gewerk het:


https://www.etiennebotha.com/blog/wedding-venue-review-alluvia-boutique-winery/

https://www.etiennebotha.com/blog/venue-review-die-woud-caledon-afrikaans/




White votive candles create a romantic ambiance alongside handwritten table numbers at an outdoor evening reception.
A couple shares a romantic moment in a lush garden setting with purple flowers and natural sunlight filtering through trees.
Romantic wedding couple embraces under pink floral arch with soft draping and string lights at sunset.

Praat met diensverskaffers wat jy vertrou


Troufotograwe, videograwe en beplanners werk by tientalle venues per seisoen. Hulle weet wie professioneel is, watter venues goeie beligting het, en watter plekke maklik logistiek hanteer. ’n Vinnige gesprek kan baie tyd spaar.



Couples dance together in a dimly lit ballroom with dramatic blue lighting creating an atmospheric mood.
A detailed close-up of an elegant white lace wedding dress with intricate beading and embroidery patterns.
Elegant wedding cake display with candles and floral decorations on a rustic wooden table in a dimly lit venue.

Kyk na foto’s en vra jouself: “Sien ek onsself hier?”


Wanneer jy deur foto’s blaai, kyk nie net na hoe mooi die plek is nie, maar hoe mense lyk wat daar trou. Lyk hulle ontspanne? Is daar plek vir spontane oomblikke? ’n Venue wat daardie natuurlike gevoel dra, is gewoonlik perfek vir kamera-sku bruide.


Fotograaf se wenk: Kyk of jy skadu en oop lig op die foto’s sien. Dis gewoonlik ’n teken van goeie beligting. As alles baie donker lyk, beteken dit jy sal dalk bykomende lig of ’n vroeër seremonietyd nodig hê.

A dimly lit wedding reception venue with warm amber lighting and exposed wooden beams creates an intimate atmosphere.
Newlyweds walk hand in hand through tall grass with mountains and rock formations in the background.
Modern architectural building with glass walls illuminated at dusk against a deep blue evening sky.

Beskikbaarheid en seisoen


As jy ’n spesifieke datum wil hê, begin vroeg. Maart, April en November is gou vol in die Wes-Kaap. In die winter (Junie tot Augustus) is baie venues goedkoper en die lig is sagter – perfek vir foto’s.


Wenk: In die lente (Augustus–Oktober) blom canola, vrugtebome en wingerde, wat ongelooflik mooi foto’s gee. In herfs (Mei) word wingerde rooi en goud. Jy kan jou kleurpalet selfs aanpas by die seisoen.

Two people embrace in a romantic moment surrounded by orange autumn foliage at golden hour.
A romantic couple shares tender moments together in a garden filled with blooming purple jacaranda trees.
Romantic couple shares intimate moment in front of scenic mountain landscape during golden hour.

Verblyf in die area


As dit ’n bestemmingstroue is, kyk of daar genoeg gastehuise of selfs Airbnb’s in die omgewing is. Robertson, Tulbagh en Greyton het gewoonlik baie opsies, maar kleiner dorpe raak vinnig vol. ’n Venue wat verblyf op of naby het, maak groot verskil aan logistiek en ontspanning.

Wedding guests dance together in a dimly lit reception hall during an evening celebration.
A series of vintage brick archways with white painted text and architectural details along the curved ceiling.
Black and white urban street scene with parked cars along tall buildings in a narrow city alley.

3. Jou venue-besoek: Wat om op te let


Wanneer jy by jou top drie tot vyf venues uitkom, gaan besoek hulle persoonlik. Neem ’n notaboek saam en vra vrae. Dis die beste manier om te voel of dit reg is.


Let op die volgende:

  • Kroeg en dansvloer: ’n Klein kroeg of te klein dansvloer skep bottelnekke. As mense lank wag vir drank, beweeg die aand se energie af.
  • Weerplanne: Kyk wat hulle doen as dit reën of winderig is. ’n Venue met ’n pragtige plan B (byvoorbeeld ’n oordak area of glaskapel) gee gemoedsrus.
  • Kragonderbrekings: Vra oor ’n opwekker – dit klink klein, maar jy wil nie hê die musiek moet stilval tydens julle eerste dans nie.
  • Eksklusiewe gebruik: Party venues hou meer as een troue per naweek. Dit kan die opbou of fotosessies beïnvloed. As jy ’n rustige ervaring wil hê, vra vir volle gebruik.
  • Lig en kleure: Wit dakke en ligte mure reflekteer lig pragtig. Te donker hout of baksteenmure kan ’n kleurtoon gooi op foto’s.
  • Skaduryke areas: Dis belangrik vir familiefoto’s – jy wil nie hê almal moet knip teen die son nie en dit raak warm in die son.
  • Natuurlike elemente: ’n Meer, dam of groot boom maak vir asemrowende foto’s sonder dat jy hoef weg te ry.
  • “Getting ready” area: As daar plek op die venue is om aan te trek, bespaar dit reistyd en spanning.
  • Toilette en logistiek: Kyk of daar genoeg geriewe is vir jou gaste – dit klink klein, maar dit beïnvloed hul ervaring.



A panoramic view of an elegant wedding reception venue with white decor, exposed beams, and dining tables.
A couple in wedding attire embrace on a scenic beach with Table Mountain visible in the background at sunset.
A long covered walkway with white metal lattice work and hanging plants stretches through a garden setting.

4. Dinge wat jou foto’s nóg mooier maak


Dis hier waar ek as fotograaf altyd opgewonde raak. Party venues het daardie ekstra iets wat foto’s uniek maak:


  • Lig wat verander: Sonsondergang oor die wingerde of die see gee goue lig – perfek vir die coupleshoot.
  • Spieëlende water: ’n Dam of meer gee weerspieëling wat sag en romanties lyk.
  • Paadjies of lanings: ’n Grondpad met bome aan weerskante of wingerde in ry gee ongelooflike diepte aan foto’s.
  • Perde of diere: Baie plase laat foto’s met hul diere toe, wat iets natuurlik en eg toevoeg.
  • Kleure in die natuur: Bloeiende vrugtebome, rooi wingerde, canola-lande of selfs veldblomme maak dat jou foto’s visueel uitspring sonder dat dit oordoen voel.


A black and white wedding photo collage showing intimate moments between couples during their celebration.
A couple in wedding attire sits in a yellow rowboat on a peaceful lake with weeping willows in the background.
A scenic mountain resort with palm trees and striped awnings against a backdrop of rugged peaks at sunset.

5. Slotgedagtes


Om die regte trouvenue te kies, gaan nie net oor estetika of ligging nie – dis oor gevoel. Jy moet kan sien hoe julle daar lag, dans en asemhaal. ’n Venue wat reg voel, sal jou toelaat om die dag te beleef sonder om te voel jy “probeer” om dit mooi te maak – dit is net mooi.

Neem jou tyd, vra vrae, besoek plekke, en luister na jou instink. En onthou: die Wes-Kaap het vir elke paartjie ’n unieke stukkie hemel – of dit nou tussen die wingerde, langs die see of onder ’n groot boom op ’n plaas is.


Wanneer jy daardie plek vind waar jy sommer net weet “dis hier,” dan het jy dit.

A series of seven close-up photos showing orange rose boutonnieres with green foliage on tan suit jackets.