’n Sprokiesbos Trouvenue Net Buite Kaapstad


Op 16 April het ek ’n gestileerde fotosessie by Die Woud afgeneem wat later in die 2026-uitgawe van Bruidgids gepubliseer is. Maar dit was nie my eerste keer daar nie. Ek het ook al troues by dié unieke venue gedoen, en ek kan met sekerheid sê: of dit nou ’n stylvolle shoot of ’n regte troudag is, Die Woud is altyd fantasties.


As fotograaf is dit een van daardie plekke wat nie veel nodig het om asemrowend te lyk nie. Die glashuis tussen reusebome, die sagte lig, en die span wat met kalmte werk—dit maak my werk maklik en genotvol. My styl is meer natuurlik en hier hoef ek feitlik niks te redigeer nie—die natuurskoon doen die werk ek vang net ware oomblikke vas

Die Talentvolle Span Agter Die Gestileerde Fotosessie


Wat die fotosessie by Die Woud so besonders gemaak het, was die ongelooflike span van diensverskaffers wat elkeen hul eie kreatiwiteit ingebring het:



Rosebury Cakes


het ’n elegante, sagte koek ontwerp wat perfek in die natuurlike palet van die bos ingesmelt het. Visueel stylvol, en presies wat by ’n troue hier pas. Kontak hulle by info@roseburycakes.co.za of 072 913 5701.


A baker wearing a floral print shirt delicately places vibrant flowers on a white wedding cake.
Pink and white fuchsia flowers hanging from pots line the arched walkway of a Mediterranean style courtyard.
An elegant white wedding cake decorated with red flowers and gold leaf accents displayed in an outdoor garden setting.
A white tiered wedding cake decorated with vibrant pink and orange flowers sits in front of a lace dress and sunlit backdrop.

AVZ Decor & Designs

 het die bos-tema perfek aangevul met blomrangskikkings en dekor wat die natuurlike omgewing eer. Dit het gelyk of die dekor deel is van die omgewing, nie iets wat daarop afgedwing is nie.

Liesl van Huyssteen Hair & Makeup Artist


het vir ons model ’n sagte, romantiese voorkoms gegee—tydloos en perfek vir ’n bosbruid. Haar werk het die model gemaklik laat voel, wat duidelik in die foto’s wys.

Ring Artisan


het die juweliersware voorsien—stylvolle en elegante ringe wat perfek by die natuurlike atmosfeer van die venue gepas het. Kontak hulle by hello@ringartisan.com of 066 244 6846.

Blanco Bridal Couture


het die rokke verskaf—vloeiend, eenvoudig en ongelooflik mooi. Elke rok het die dromerige atmosfeer beklemtoon sonder om te oorheers. Ideaal vir bruide wat elegant, maar natuurlik wil voel.

Waarom Die Woud Jou Ideale Venue Kan Wees?


Hierdie venue is perfek vir bruide wat iets pragtigs wil hê sonder om dit te oorlaai. Dit voel soos ’n woudwegbreek, net buite Kaapstad.


Dis geskik vir:


  • Bruide wat natuurlike skoonheid waardeer
  • Paartjies wat ’n naweektroue wil hê
  • Dié wat van buite seremonies hou
  • Enigiemand wat hul venue die styl laat bepaal


Al is daar nie verblyf op die perseel nie, is Caledon net om die draai met uitstekende opsies en shuttles kan maklik gereël word.

Wanneer Dit Miskien Nie Die Regte Keuse Is Nie


  • Jy wil alles op een plek hê (seremonie én verblyf)
  • Jy verkies n meer moderne ontwerp of n stedelike gevoel
  • Jy soek ’n geslote/binne kapel




Tyd om jou droom venue te kies

Die Woud Styled Shoot

My Finale Gedagtes as Fotograaf


Of dit nou ’n redaksionele sessie of ’n regte troue is—Die Woud is ’n fees om by te werk. Dit is stylvol, sonder ophef. En dit laat paartjies toe om hul dag ten volle te beleef—ontspanne, teenwoordig, en vol opregte emosie.

En dis wanneer jy die mooiste foto's kry